Hamilton en Verstapping kry vermaning van die Formule Een beheerliggaamDecember 10, 2021

Motorsport: Formule Een se beheerliggaam het ‘n waarskuwing uitgereik aan die titelmededingers Lewis Hamilton en Max Verstappen voor die naweek se laaste Grand Prix die seisoen in Abu Dhabi. FIA se rendirekteur, Michael Masi, sê renjaers kan geskors word of al hul punte kan afgetrek word indien hulle onsportiewe gedrag op die baan toon. Die kompetisie het intense opgewondenheid bereik, met Mercedes se Britse renjaer en Red Bull se Nederlander albei op 369 punte. Hulle het hierdie seisoen reeds drie keer gebots.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *