Hamas ‘verloor’ 40 gyselaars

Hamas kan blykbaar nie 40 Israelse gyselaars opspoor wat voldoen aan die kriteria vir die eerste fase van ‘n skietstilstand-ooreenkoms nie. ‘n Israelse amptenaar sê dit laat hulle vrees meer gyselaars is in die 7 Oktober aanvalle geneem as wat vroeër bekend was, en dat hulle dood kan wees. Die raamwerk waaroor ooreengekom is deur onderhandelaars sluit Hamas se vrylating in van 40 Israelse gyselaars. Dit sluit in alle vroue, asook siek en bejaarde mans, tydens ‘n ses-weke onderbreking in die vyandighede. In ruil sal Israel honderde Palestynse gevangenes uit sy tronke vrylaat.