Hamas verkrag sommige gyselaars: VN

Daar is onweerlegbare bewyse dat sommige vroue en kinders wat Hamas as gyselaars aanhou, verkrag en seksueel aangerand word. Dit is volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies. Hamas het die suide van Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval en sowat een-duisend-200 mense gedood en 253 gyselaar geneem. Israel het gereageer met ‘n militêre veldtog in Gaza en meer as 30-duisend mense gedood. Die VN se spesiale verteenwoordiger oor Seksuele Geweld in Konflik, Pramila Patten, sê gyselaars word onmenslik en vernederend behandel.