Hamas skiet Suid-Afrikaner dood

‘n Ses-en-twintig-jarige Suid-Afrikaanse man is in die Ou Stad in Jerusalem deur ‘n lid van die Palestynse Islamitiese beweging Hamas, doodgeskiet. Eliyahu Kay het in 2019 na Israel emigreer en was ‘n toergids by die Wesmuur-plein in Jerusalem. Hy is geskiet toe hy op pad was om te gaan bid en is later in die Hadassah Hospitaal oorlede. Nog drie mense, insluitend polisiebeamptes en lede van die publiek, is in die aanval gewond. Wetstoepassers het die gewapende man doodgeskiet.