Hamas-leier vergader in Egipte

Hamas se leier het Egipte Woensdag die eerste keer in meer as ʼn maand besoek. Ismail Haniyeh, wat in Katar woon, raak gewoonlik net in die openbaar by diplomatieke gesprekke betrokke as vordering moontlik is. Hy het vroeg in November laas na Egipte gereis voor die enigste skietstilstand tot dusver aangekondig is. ʼn Ingeligte bron oor die onderhandelings sê afgevaardigdes het die gyselaars wat nog in Gaza aangehou word en tydens ʼn nuwe skietstilstand vrygelaat kan word bespreek en watter gevangenes Israel in ruil kan vrylaat.