Hamas-leier moet uit tonnel kom en ooreenkoms aanvaar – CIA
Die intelligensiediens in Amerika, die CIA, glo die leier van Hamas in Gaza is onder toenemende druk van sy eie bevelvoerders om die oorlog met Israel te beëindig. Die direkteur van die CIA, Bill Burns, het na wat berig word op ‘n vergadering gesê Yahua Sinwar kry die skuld vir die lyding in die gebied. Volgens CNN glo die Amerikaanse intelligensiediens Sinwar, wat moet besluit of Hamas ‘n ooreenkoms moet aanvaar, skuil tans in die tonnels onder Khan Younis. Burns sê sy bevelvoerders is moeg geveg nadat die oorlog vroeg in Oktober uitgebreek het.