Hamas laat twee gyselaars vry
Israel het bevestig twee bejaarde vroue, Nurit Cooper en Yocheved Lifshitz wat in Gaza gyselaar gehou is, is deur Hamas vrygelaat. Hulle is vermoedelik Israelse burgers. Die Palestynse groep sê hulle het besluit om die twee gyselaars weens dwingende humanitêre en gesondheidsredes vry te laat. Hamas het Vrydag twee Amerikaanse gyselaars, Judith Tai Raanan en Natalie Raanan, laat gaan. Die Israelse weermag sê Hamas hou vermoedelik nog 222 gyselaars in Gaza gevange.