Hamas is ook boos oor Khan se lasbriewe

Die militante groep Hamas sê hy veroordeel die hoofaanklaer van die Wêreldhof, Karim Khan ten sterkste vir pogings om slagoffers gelyk te stel aan aggressors deur lasbriewe uit te reik. Khan het aansoek gedoen vir die arrestasie van Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, Hamas-leier Yahya Sinwar, Israelse minister van Verdediging, Yoav Gallant en twee ander Hamas-leiers. Hulle word verdink van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hamas eis dat die hof lasbriewe uitreik vir individue wat aan misdade teen die Palestynse volk deelgeneem het.