‘Hamas is gedoem’
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê die weermag maak gereed vir ʼn inval oor land in Gaza om Hamas se militêre en regeringsvermoëns te vernietig. Meer as 1 400 mense is in Hamas se aanvanklike aanval op Israel dood. In reaksie daarop is meer as 6 000 mense dood sedert Israel begin het om Gaza te bombardeer. Netanyahu het in ʼn televisie-uitsending uit Tel Aviv gesê die tydsberekening van die Israelse weermag se inval sal eenparig deur die oorlogskabinet bepaal word. Hy sê Hamas is gedoem.