Hamas aanvaar VN-resolusie
Hamas aanvaar ‘n VN-resolusie wat ‘n plan ondersteun om die oorlog met Israel in Gaza te beëindig en is gereed om besonderhede te onderhandel, het ‘n senior amptenaar van die Palestynse militante groep vandag gesê. Gesprekke oor planne vir Gaza ná die einde van die Israel-Hamas-oorlog sal vanmiddag en binne die volgende paar dae voortduur.