Half-miljoen bedrieglike pogings vir Covid-toelaag ontvang – Kandjeke

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke se Covid-ouditverslag bevat skokkende onthullings oor hoe Namibiërs gepoog het om die staat te bedrieg, sowel as verskeie skuiwergate wat toegelaat het dat ongerymdhede voorgekom het. Luidens plaaslike media was daar veral vrae rondom die noodinkomste toelaag van ‘n eenmalige 750 Namibiese dollar vir mense wat hul inkomste verloor het weens die pandemie. Daar is meer as 515 000 duplikaat SMS’e, wat vanaf 193 332 Namibiërs ontvang is vir die toelaag, aangeteken, en dit net in die laaste twee weke van April. ‘n Totaal van 772 miljoen dollar is aan net minder as 750 000 persone uitbetaal maar, daar was foutiewe ID-nommers wat geld ontvang het sowel as 332 oorlogsveterane, studente wat reeds toelae ontvang het en 89 ander persone wat ook reeds toelae ontvang het wat onsuksesvol aansoek gedoen het. Daar was ook 4 115 staatsamptenare wat die toelaag wel ontvang het. Die basis vir ekonomiese aktiwiteit was aktiewe nommers van die Maatskaplike Voorsorgkommissie wat verouderd is en nie op datum is nie. Kandjeke het ook bevind dat daar nooit 8,1 miljard dollar tydens die pandemie bestee is nie maar eerder, 2,3 miljard dollar.