Haley sê sy gaan voort met haar veldtog

Die voormalige goewerneur van Suid-Carolina, Nikki Haley sê sy gaan voort met haar veldtog om as Republikeinse presidentskandidaat aangewys te word omdat die wedloop nog glad nie verby is nie. Dit ten spyte van oudpresident Donald Trump se oorwinning in New Hampshire wat hom waarskynlik die party se presidensiële benoeming gaan besorg. Hy het verlede week ook ʼn weghol-oorwinning in Iowa se koukusse behaal. Haley blameer Trump vir die Republikeine se teleurstellende vertoning in die 2018- en 2022-tussenverkiesing en die 2020-presidentsverkiesing. Sy sê hy is ʼn chaotiese kandidaat: