Haley laat nie op haar wag met Trump en Biden se ouderdomme nie

Dinge word warm in die VSA in aanloop tot die kies van presidensiële kandidate vir die verkiesing in November. Alle peilings toon dat die Amerikaanse publiek nie lus is vir ‘n Biden-Trump-wedloop nie en talle meen ook, beide kandidate is te oud. Republikeinse kandidaat Nikki Haley het nie op haar laat wag nie.