Haley gee nie haar steun aan Trump nie

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump se finale struikelblok om die Republikeinse kandidaat te word is verwyder, met Nikki Haley wat haar aan die wedloop onttrek het. Maar sy het geweier om Trump haar steun te gee, en sê hy moet die steun van sy party verdien, asook van die onafhanklike kiesers wat haar gesteun het. Die voormalige goewerneur van Suid-Carolina, wat die voorkeur-kandidaat was vir Republikeine wat moeg is vir Trump se voortslepende regskwessies, sê sy het geen berou nie: