Hai//Om maak plan oor grond

Tradisionele leiers en gemeenskapslede van die Hai//Om San-gebiede van Outjo, Tsumeb, Otavi en Grootfontein het by ‘n tweedaagse konferensie op Otjiwarongo besluit om gesprekke en veldtogte rakende voorvaderlike grondeienaarskap ten volle te ondersteun. Tien resolusies oor voorvaderlike grondkwessies is geformuleer en daar word daarna gestreef om die Hai//Om San te verenig. Die voormalige eerste minister en kampvegter vir die San-mense, dr. Libertine Amadhila, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.