Hage se San-fees besoek ‘is verkiesingsfoefie’

President Hage Geingob, vergesel deur verskeie nasionale en streekleiers, woon die jaarlikse San Kultuurfees by Gobabis in die Omaheke-streek by. Die staatshoof het ook met die Omaheke-streekgoewerneur, Pijoo Nganate, vergader om onder meer kwessies wat verband hou met ontwikkeling en wanvoeding te bespreek. ‘n Paar Namibiërs lewer kommentaar op sosiale media dat die president net hierdie feeste bywoon omdat daar volgende jaar verkiesings is. Kosmos 94.1 Nuus het met LPM woordvoerder Lifalaza Simataa gesels, wat sê dit is net politiek wat uitgespeel word.