Hage se kritiek teen Duitsland sal nie verhouding skend nie

Die skerp kritiek wat president Hage Geingob teenoor Duitsland oor sy volgehoue ondersteuning van Israel geopper het, lok steeds reaksie uit. Die president het in ‘n verklaring diepe kommer uit oor die Duitse regering se verwerping van Suid-Afrika se klagte dat Israel volksmoord teen Palestyne in Gaza pleeg, uitgespreek. ‘n Regeringskenner dr. Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die aangeleentheid sal geen impak op die verhouding tussen die lande hê nie.