Hage kuier met skoolkinders by Staatshuis

President Hage Geingob sê lyfstraf het geen plek in die moderne wêreld nie, terwyl hy leerders aangemoedig het om hul studies ernstig op te neem. Geingob het die opmerkings gemaak terwyl hy met leerders en onderwysers van die Tsumeb English Medium-skool, Ontana Gekombineerde-skool en Nehale Sekondêre Skool gesels het. Die leerders het Staatshuis besoek. Geingob, wat self op ‘n tyd onderwyser was, sê hy was altyd teen lyfstraf gekant en sê onderwysers moet eerder betrokke raak. Hy het leerders versoek om hard te studeer en sê onderwys maak deure oop, nes dit vir hom gedoen het.