Hage Geingobbeker-wedstryd bring verrassingOctober 4, 2023
Die gewilde Hage Geingobbeker-sokkerwedstryd wat op 18 November plaasvind, is vandag in Windhoek bekendgestel. In hierdie groot botsing kom legendes van Namibiese sokker teen hul Suid-Afrikaanse eweknieë te staan. Namibië se span sal bestaan uit legendes van die Klas van 1988 soos Ricardo Manetti en Elifas Shivute. Die verrassing is dat die plaaslike premierliga-kampioene, African Stars, in die hoofwedstryd sal speel teen ‘n klub wat deur die publiek deur ‘n SMS-lyn gekies sal word. Die legendes sal ‘n verskyningsfooi betaal word. Die wenners van die hoofwedstryd sal 250 000 Namibiese dollar ontvang, en die naaswenners sal 100 000 inpalm.