Haastige hond verbrand sy mond
Die polisie in Duitsland het twee mans vasgetrek wat ‘n poskantoor probeer beroof het. Die rowers het geld in ‘n sak gestop maar ongelukkig het die alarm afgegaan en hulle het paniekerig geword. Met nadere ondersoek het die polisie agtergekom die sak wat die rowers gegryp het in hulle haas was nie die geld nie maar ‘n werknemer se middagete: ‘n bak aartappelslaai.