Haalbaarheidstudie oor oorgrens waterstof-pypleiding met SA

Die myne en energie-ministerie het aangekondig dat hy ‘n studie van 5 miljoen Namibiese dollar gaan doen oor die haalbaarheid van ‘n oorgrens groen waterstof-pypleiding tussen Namibië en Suid-Afrika. Die studie sal deur die Groen Waterstofprogram van Namibië onderneem word. Dit volg op die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding tussen die twee lande in Mei by die Wêreldwaterstofberaad. Die beoogde pypleiding sal Lüderitz met die Noord-Kaap verbind, met die potensiaal vir toekomstige uitbreidings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstofraad, oor die memorandum van verstandhouding en wat dit behels.