Haaland dra Man-City na reuse-oorwinning

Erling Haaland het vyf doele aangeteken om Manchester City na die Kampioeneliga se kwarteindronde te lei ná ‘n sewe-nul-oorwinning oor RB Leipzig by die Etihad-stadion. Ilkay Gundogan en Kevin De Bruyne het die ander twee doele bygedra. Haaland het die vinnigste en jongste speler geword wat 30 doele in Europa se elite klubkompetisie behaal. Die 22-jarige speler het hierdie seisoen 39  doele in alle kompetisies aangeteken. Hy is die eerste City-speler wat in ‘n enkelseisoen met dié syfer kan spog. Haaland sê hy geniet dit om in die Kampioeneliga te speel: