Haal asb jou rybewys – NaTIS

‘n Beroep word op alle Namibiërs gedoen om hul rybewyskaarte van Desember verlede jaar by hul NaTIS-kantore af te haal. NaTIS het ‘n reuse-agterstand van rybewyse wat die hele proses vertraag. Planne vir ‘n aanlyn-platform is steeds in die pyplyn om dienste meer gerieflik vir die publiek te maak, maar dit is nog nie in werking nie. Hileni Fillemon, woordvoerder van die Paaie-owerheid, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.