Haaie tevrede om as gasheer op te tree vir Clermont in Londen

Rugby: Die Haaie sal na Londen moet reis om as gasheer vir Clermont op te tree in hul halfeindstryd in die Uitdaagbeker, terwyl Gloucester gasheer is vir die Italiaanse span Benetton. Albei kragmetings vind die eerste naweek in Mei plaas. Suid-Afrikaanse spanne kan slegs tot by die kwarteindronde tuiswedstryde aanbied, wat die rede is waarom die Haaie in hul halfeindstryd op ‘n neutrale veld sal speel. Die afrigter, John Plumtree, is net bly hulle is onder die laaste vier.