Haaie se Koster vir 5 wedstryde geskors

Die senter van die Haaie, Murray Koster is vir vyf wedstryde geskors oor sy rooikaart teen Benetton in die Verenigde Rugbykampioenskap in Durban. Hy het die rooikaart gekry vir ‘n gevaarlike aansluiting by ‘n losskrum. Koster se goeie rekord, tydige erkenning van skuld en verskoning het gelei tot ‘n skorsing van vyf wedstryde, pleks van die geregverdigde tien. Hy sal môre die kragmeting teen Cardiff in Durban, die Uitdaagbeker-eindstryd teen Gloucester en die laaste wedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Bulle misloop.