Haaie lig Curriebeker weer ná ses jaar

Die Haaie se heelagter, Jordan Hendrikse, is die held van die span, met sy langafstand-strafdoel wat hulle die Leeus met 16-14 in die Curriebeker-eindstryd in Johannesburg help klop het. In koue en nat toestande het die Haaie ingehaal om die titel vir die eerste keer sedert 2018 te beklink. Die Leeus se voorspeler, Siba Qoma, het op die nippertjie ‘n drie gedruk om ‘n agterstand van 13-7 in ‘n voorsprong van een punt te verander. Maar Hendrikse, wat onlangs van die Leeus by die Haaie aangesluit het, het die laaste sê gehad met sy skop van byna 60 meter.