Gwede vertraag mynlisensie-regulering
Die DA beweer die minister van Minerale Bronne en Energie Gwede Mantashe het nie ‘n diensvlakooreenkoms onderteken met gekose maatskappye vir ‘n nuwe myn-kadastrale stelsel nie, ondanks beloftes by die mynindaba in Februarie. Volgens die party dui ‘n verslag deur die Fraser-instituut aan Suid-Afrika bly onaantreklik vir mynboubelegging. Die party sê indien die agterstand met mynregte uitgewin kan word, sal dit 30 miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggings ontsluit. James Lorimer van die DA vra kiesers om hierdie vertragings te onthou in die verkiesing: