Guterres waarsku teen Israel-Hezbollah oorlog

Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die wêreld nie kan bekostig dat Libanon nog ‘n Gaza word nie. Dit kom terwyl spanning tussen Israel en die Hezbollah-groep in Libanon toeneem. Guterres sê een oorhaastige skuif, of een foutiewe berekening, kan ‘n katastrofe veroorsaak wat ver oor die grens sal strek. Vroeër die week het Israel se buitelandse sake-minister, Israel Katz, gesê ‘n besluit oor ‘n algehele oorlog met Hezbollah kom binnekort. Israeliese generaals het ook aangekondig dat hulle beplanning vir ‘n offensief in Libanon afgeteken het.