Guterres veroordeel verskerping van konflik

ʼn Israelse aanval op ʼn mediese fasiliteit in sentraal-Beiroet in Libanon, het tot ses sterftes gelei en sewe mense is beseer. Die mediese sentrum behoort aan die Hezbollah-verwante Islamitiese Gesondheidsorganisasie. Dis die eerste Israelse aanval op die hart van die hoofstad sedert die volskaalse oorlog tussen Israel en Libanon in 2006. Israelse aanvalle is ook in Sirië aangemeld waar drie dood is, en in Gaza waar agt sterfgevalle was. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, veroordeel die verskerping van die Midde-Oosterse konflik: