Guterres prys Namibië vir werk vir toekomsberaad

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het met president Nangolo Mbumba in New York ontmoet en tevredenheid uitgespreek met Namibië se rol, in samewerking met Duitsland, in die onderhandelinge vir die Beraad van die Toekoms. Guterres stem saam daar is ‘n behoefte om globale bestuursinstellings te hervorm om die strukturele wanbalanse en ongelykhede aan te spreek wat in ontwikkelende lande veroorsaak is deur kolonialisme. Hy sê dat Namibië en Duitsland deur gesamentlike pogings invloedryke blokke soos die G77 aan boord gebring het om die Globale Aksie-verdrag te beding, om ‘n gedeelde toekoms te bepaal. Die verdrag sal na verwagting by die beraad aanvaar word.