Gustavo se saak vandag in die hof, hy lê in die hospitaalJuly 31, 2023

Een van die Fishrot-beskuldigdes Ricardo Gustavo, se batebevriesingsaak kom vanoggend voor regter Orben Sibeya voor. Die aanklaer-generaal poog om beslag te lê op sy bates en hy verdedig die saak. Maar, hy sal na alle verwagtinge nie teenwoordig wees nie omday hy reeds twee weke in die hospitaal is na hy blykbaar ‘n ligte hartaanval gehad het. Dit is nie die eerste keer wat een die van die tien hoë-profiel gevangenes na die hospitaal geneem is vir ‘n mediese kwaal nie. Die Korrektiewe Diens se skakelbeampte Oberts Mulisa, sê dit gaan goed met Gustavo, sowel as die ander beskuldigdes.