Gus swem 3 500km ver van sy huis af
‘n Keiserpikkewyn is vir die eerste keer in Australië aangetref, meer as 3 500 kilometer noord van die Antarktiese kus. Die wangevoede, volwasse mannetjie, wat Gus genoem word, is op ‘n toeriste-strand in die dorp Denmark in die suidweste van die land gekry. Die keiser is die grootste pikkewynspesie. Belinda Cannell van die Universiteit van Wes-Australië sê die spesie is nog nooit tevore in die land aangemeld nie. ‘n Seevoël-rehabiliteerder sorg intussen vir Gus tot daar ‘oor ‘n besluit oor sy toekoms geneem word.