Gupta-uitlewering vandag in die buurland se parlement

Die Nasionale Vergadering hou vandag ‘n dringende debat oor die mislukte uitlewering van die Gupta-broers uit die Verenigde Arabiese Emirate. Die debat word deur Brett Herron van die GOOD Party geborg. Rajesh en Atul Gupta se uitleweringsverhoor is in Februarie aangehoor waar Suid-Afrika se aansoek van die hand gewys is. Die regering het egter eers in April van hierdie verwikkeling uitgevind. Herron sê die land se uitleweringsaansoek is afgekeur omdat dit nie noukeurig aangebied is nie: