Gupta-broers nog steeds soek

Die buurland se justisie-minister, Ronald Lamola, sê owerhede in die Verenigde Arabiese Emirate kon nog nie vasstel waar Atul en Rajesh Gupta hulle bevind nie. Die broers word beskuldig dat hulle hul bande met oudpresident Jacob Zuma gebruik het om kontrakte te kry, kabinetsaanstellings te beïnvloed en staatsfondse te verduister. Lamola het aan die parlement gesê ten spyte van talle vergaderings en herhaalde pogings om antwoorde van die Emirate se sentrale owerheid te kry oor die Guptas se uitlewering en waar hulle is, was daar geen reaksie nie.