Gupta-broers mag nie uitgelewer word nie, geldwasserysaak in VAE word ondersoek

Die minister van justisie, Ronald Lamola, het bevestig Suid-Afrika se aansoek aan die Verenigde Arabiese Emirate om die Gupta-broers aan Suid-Afrika uit te lewer, is van die hand gewys. Die twee moet eers ondersoek word vir ‘n geldwassery-klag wat in die Verenigde Arabiese Emirate gebring is. Atul en Rajesh is in die staatskapingsverslag betrek as van die hoofargitekte van staatskaping. Lamola sê die regering sal appelleer teen die verwerping van die aansoek en voortgaan om met sy eweknieë in die Emitrate in gesprek te tree: