Gupta-broers: ActionSA sê SA het internasionaal respek verloor

ActionSA sê hy is uiters teleurgesteld in die Verenigde Arabiese Emirate se weiering van Suid-Afrika se versoek om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer om verhoor te word vir staatskaping-verwante misdade. Die woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die misdade het die regering meer as 250 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos. Hy voeg by, die nuus dat ‘n hof in die VAE die versoek reeds aan die begin van Februarie verwerp het, maar dat die justisie-ministerie eers dié week daaroor ingelig is, steun ActionSA se siening dat Suid-Afrika die respek van die internasionale gemeenskap verloor het: