Gunsteling Iga Swiatek uit Dubai-ope

Tennis: Die kwalifiseerder Anna Kalkinskaya van Rusland het die Poolse gunsteling Iga Swiatek in skoonstelle verras by gister se Dubai-ope, om haar plek te verseker in vanmiddag se eindstryd. Sy het Swiatek 6-4, 6-4 geklop en speel nou teen Jasmine Paolini van Italië, wat Sorana Cirstea van Romenië 6-2, 7-6 geklop het. Beide finaliste sal Maandag vir die eerste keer onder die top-twintig op die ranglys verskyn.