Guiliani verloor sy regslisensie

Die gewese burgemeester van New York-stad, Rudy Giuliani, is van die rol geskrap nadat ʼn hof bevind het hy het herhaaldelik vals verklarings gemaak oor oudpresident Donald Trump se nederlaag in die 2020-verkiesing. Giuliani was ʼn federale aanklaer en Trump se regsadviseur. Die Manhattan-appèlhof het beslis Giuliani, wie se New York-regslisensie in 2021 opgeskort is omdat hy vals bewerings oor die verkiesing gemaak het, mag nie meer regsdienste in die staat lewer nie. Hy staar ook strafregtelike aanklagte in Georgia en Arizona in die gesig.