Guardiola betreur Man City se lang beseringslys

Sokker: Manchester City se hoofafrigter, Pep Guardiola, glo dit gaan moeilik wees om hierdie seisoen hul Premierliga-titel te verdedig weens ‘n beseringslys wat al langer raak. City speel vanaand in Portugal teen Sporting Lisbon nadat hulle Saterdag in die Kampioeneligabekerreeks teen Bournemouth verloor het, en die vorige week teen Tottenham Hotspur, wat hulle onoorwonne lopie van 11-maande in die Premierliga beëindig het. Guardiola sê hy weet wat die standaard is wat hulle gestel het en is vol vertroue hulle kan terugbons.