‘Gryslys-wetgewing’ vandag in Nasionale Raad

Die Nasionale Raad sal vandag ‘n spesiale sitting hervat om die Wysiging op Finansiële Intelligensie en die Siviele Registrasie en Identifikasie wetsontwerpe te oorweeg. Die Wysigingswetsontwerp op Finansiële Intelligensie wil die Wet op Finansiële Intelligensie van 2012 wysig om nuwe definisies in te voeg. Dit sal verder voorsiening maak vir die operasionele onafhanklikheid en outonomie van die Finansiële Intelligensiesentrum, die totstandkoming van die raad van die sentrum, en sy bevoegdhede en funksies uiteensit. Die spesiale sitting sal na verwagting Woensdag afgesluit word. Namibië se vermoë om geldwassery en die befondsing van terreur te polisieer is in die nuus omdat die regering tot 30 Junie het om 11 wetsontwerpe aan te pas en twee nuwes te skep vir die Finansiële Aksie-taakmag. Dit sal dan hersien word en Namibië sal teen Februarie volgende jaar weet of hy op die gryslys geplaas word of nie.