Gryslys-tyd te kort – kenner

Die gryslys van die Internasionale Finansiële Taakmag is in die nuus en Namibië moet voor einde Februarie wetsontwerpe in plek kry om dit te vermy. Daar was reeds kritiek op die vinnige wyse waarop die Nasionale Vergadering onder druk heelwat wetsontwerpe moes deurvoer. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie aan Unam gepraat, wat sê om op die gryslys te beland sal uiters sleg wees vir die land. Hy is van mening die proses is nie regverdig nie en dat Namibië eintlik nog ‘n paar maande gegun moes word om aan die Finansiële Taakmag se vereistes te voldoen.