Gryslys se uitwerking begin sigbaar word: ekonoom

Die Finansiële Aksie Taakspan identifiseer jurisdiksies met swak maatreëls om geldwassery en terreurfinansiering te bekamp in twee openbare dokumente wat drie keer per jaar uitgereik word. Sulke lande word dan op die sogenaamde gryslys geplaas, en Namibië het in Februarie een van daardie lande geword. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor hoe die land hierdeur beïnvloed word. Volgens hom kan die effek reeds in die bankbedryf gevoel word.