Gryslys: Ekonoom nie so positief soos Shiimi nie

Die finansminister Ipumbu Shiimi het ‘n opdatering gegee oor die jongste rakende die gryslys van die Finansiële Aksie-taakmag. Shiimi sê 59 uit 72 kwessies is aangespreek en dus sal monitering van die land verskerp word. Die taakmag sal in die komende dae vergader en dan ‘n askieplan vir Namibië geen. Maar, ekonoom Theo Klein van Oxford Economics in die Paarl is nie so positief nie.