Gru-verkragtingsaak op Khorixas
‘n Gru-verkragtingsaak is op Khorixas aangemeld. Volgens die polisie se weeklikse misdaad verslag het ‘n Namibiese man gedurende verlede jaar ‘n meisie van 15 herhaaldelik verkrag. Hy het haar blykbaar na sy huis toe gelok met die belofte van kos. Die kind het swanger geraak en geboorte geskenk aan ‘n baba-seun op 6 Mei vanjaar en dit is hoe dit aan die lig gekom het. Die polisie sê die saak word ondersoek.