Gru-ongeluk dood 19 in Mexiko

Negentien mense is dood en nog ses is beseer nadat ‘n bus gister betrokke was in ‘n botsing op ‘n snelweg in Mexiko se sentrale staat Zacatecas. Die plaaslike owerhede sê die ongeluk het vroeg die oggend gebeur toe die bus wat die slagoffers vervoer het van agter af gebots het met ‘n trekker met ‘n sleepwa wat mielies vervoer het en losgekom het. Reddingoperasies is deur die dag voortgesit om van die liggame uit ‘n bergkloof te herwin. Die bus was op pad na Ciudad Juarez, ‘n grensstad is die staat Chihuahua.