Gru-ongeluk aangeklaagde in privaat hospitaal

Die 59-jarige Luiz Charles Araujo De Sa, wat vir strafbare manslag gearresteer is na die gru-ongeluk wat nege lewens geëis het, is in ‘n privaat hospitaal in Otjiwarongo opgeneem. Hy is onder polisiebewaking. NamPol se hoof van gemeenskapsake in die Otjozondjupa-streek, senior inspekteur Maureen Mbeha, sê sy rug is beseer. Araujo De Sa het ‘n kort verskyning in die Otjiwarongo-landdroshof gemaak waar hy gekies het om se eie prokureur aan te stel. Die saak is tot 27 Junie uitgestel sodat polisieondersoeke afgehandel kan word, en ook vir die Otjiwarongo-landdroshof om die dossier na Otavi oor te plaas waar die ongeluk plaasgevind het. Araujo De Sa sal na verwagting ‘n formele borgtogaansoek bring.