Gru-brand dood 20 skoolkinders, 3 onderwysers

Die liggame van 20 kinders en drie onderwysers is in ‘n bus gekry wat leerlinge vervoer het toe dit buite Bangkok in ‘n ongeluk was en aan die brand geslaan het. Die bus was op pad na die Thaise hoofstad na ‘n skooluitstappie. Die bestuurder wat die brand probeer blus het en toe weggehardloop het, het homself 100km noord van Bangkok aan die polisie oorgegee. Ooggetuies sê die bus het in die betonversperring wat die hoofweg net noord van Bangkok verdeel, vasgery nadat ‘n voorband gebars het. Die bus is vinnig deur ‘n hewige brand verteer. Negentien kinders en drie onderwysers het glo oorleef, van wie 16 in die hospitaal behandel word.