Gru-besonderhede van tienermoord bekend

Die gru-besonderhede van die moord van die 16-jarige Brianna Ghey in Cheshire in Engeland is vanoggend in die media na haar twee moordenaars, ook 16, skuldig bevind is. Ghey was ‘n transgender meisie en is op 11 Februarie vanjaar 28 keer deur die twee gesteek. Hulle het ‘n lys gehad van Ghey en vier ander name en het ook die manier wat die moorde sou gepleeg word, bespreek met woorde soos ‘lol’ wat tydens die bespreking gebruik is. Die hoof van die Cheshire polisie, hoof-superintendent Mike Evans het met die media gepraat.