Grow Great-veldtog bepleit aksie teen kinder-hongerte

Die Grow Great-veldtog pleit opnuut by die Suid-Afrikaanse regering om kinder-hongerte aan te pak, te midde van aanduidings dat byna die helfte van Suid-Afrikaners teen 2025 met voedselonsekerheid gaan worstel. Die veldtog se direkteur, Edzani Mphaphuli, beklemtoon die dringendheid van die situasie, en sê armoede en werkloosheid is bydraende faktore. Mphaphuli waarsku voedselonsekerheid kan tot wanvoeding lei, ook belemmerde groei veroorsaak en kan kinders se ontwikkeling benadeel. Sy het ‘n beroep gedoen vir ‘n nasionale verbintenis tot die uitwissing van hierdie faktore teen 2030.