Groter konstruksie-begroting gee boubedryf hoop

Volgens die Tender Bulletin het die regering sy begroting vir konstruksie, opknappings en verbeterings in die 2024/2025 boekjaar met ‘n ongekende 42 persent verhoog. Die 3,2 miljard Namibiese dollar wat toegeken is, is egter laer as in agt van die afgelope 12 jaar. Dit is ook die tweede agtereenvolgende jaar dat die begroting vir openbare werke-konstruksie minder is as dié vir die verkryging van materiaal en voorrade, en ander dienste wat nie waarde toevoeg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê hulle hoop die begroting sal aanhou styg.